Spanwerk en bronbeheer met Bitbucket

Projek 3 is om saam te werk. Vir daardie doel is bronbeheer nodig waartoe almal toegang het. Bitbucket bied die antwoord. Bitbucket Wat is Bitbucket? Bitbucket is ‘n diens vir “cloud” bronbeheer. In plaas van self ‘n toegewyde bediener vir bronbeheer te skep gebruik jy Bitbucket as jou bediener. Dit maak […]

Hoe om ‘n makefile te skryf

Wat is ‘n makefile en waarom sal jy een wil maak? Goeie vraag, maar voor ons begin weet dat ek moontlik niks meer as jy weet en hierdie inskrywing net die stappe meld wat ek geneem het om ‘n projek in beide Windows en Linux saam te stel. Wat is […]

“A drone is born” – Deel 1

10 February 2011 het ek 4 motors, 4 elektroniese spoed beheerders (ESC’s) en ‘n paar ander los komponente gekoop. Baie opgewonde oor die vooruitsig om vir my ‘n hommeltuig van die grond af op te bou, op daardie stadium het ons nog helikopters in LS gebruik en ‘n hommeltuig was […]

Die groter prentjie

Die laaste paar maande het ek heelwat tyd spandeer om kleiner en kleiner elektroniese komponente te probeer soldeer. In vandag se dae is dit beter om oppervlak-komponente te gebruik, selfs vir jou projekte by die huis. Hulle is goedkoper as “through hole” komponente en dit is ook heelwat makliker om […]

Herstel van ‘n Nexus 5X

Hoe maklik is dit om jou selfoon self te herstel? Verlede jaar het ek probeer my Sony Xperia Z3 se glas agterkant te herstel en nie regtig daarin geslaag. Ek gaan weer probeer, maar die Z3 is miskien nie die maklikste foon om te herstel met gom wat meeste parte […]

Skoon Eclipse Linux instalasie

Vars Linux Kubuntu installasie en tyd om weer Eclipse aan die gang te kry. Ek kan nie presies die proses onthou wat ek die vorige keer gevolg het. So vir die toekoms, hier is die stappe om te volg na ‘n vars Linux Mint (of Ubuntu) installasie. Dit is meestal ‘n […]

Duke soos in die ou tyd

eBay is wonderlik. Wonderlik, maar gevaarlik. Dit is waar jy geld onnodiglik uitgee op goed wat jy nie nodig het nie. En dit is presies hoe ek opgeeindig het met twee skootrekenaars vanuit die vorige millenium. Die rekenaars Compaq Contura 420C Die eerste een is ‘n Compaq Contura 420C uit […]

Hardeware kode-konfyt

Idee Een naweek afgestaan aan ‘n “code jam” gefokus op ingebedde kode. ‘n Projek klein genoeg om in een naweek klaar te maak word gekies en almal probeer hulle eie implementasie en help mekaar met elk se oplossings. Tydlyn Nou tot Vrydag -1 maand voor dié naweek: Bespreek moontlike projekte […]

Kan jy nou meer?!

Ek het onlangs op ‘n interessante Starcraft nuusbrokkie afgekom en gedink ek moet dit deel. Toe het ek gewonder watter ander semi-interessante speletjie-feite daar is om te deel. Hier is die bestes waaraan ek vinnig kon dink. Starcraft aktiveringskode Vir die oorspronklike Starcraft moes ‘n 13-syfer aktiveringskde ingetik word by […]

OpenTTD resensie… wel soortvan

Na my vorige inskrywing Spaar geld, speel die oues is ek sommer weer lus vir Transport Tycoon. Kom ons kyk bietjie na die oorspronklike en ook wat op die oomblik beskikbaar is. Die pappie OpenTTD is natuurlik gebaseer op Transport Tycoon. Geskryf deur Chris Sawyer en uitgereik in 1994, Transport Tycoon is vir […]