Kan jy nou meer?!

Ek het onlangs op ‘n interessante Starcraft nuusbrokkie afgekom en gedink ek moet dit deel. Toe het ek gewonder watter ander semi-interessante speletjie-feite daar is om te deel. Hier is die bestes waaraan ek vinnig kon dink.

Starcraft aktiveringskode

Vir die oorspronklike Starcraft moes ‘n 13-syfer aktiveringskde ingetik word by installasie. Ek het Starcraft baie, vreeslik baie, geinstalleer en ken tot vandag toe nog die kode uit my kop, 4232 99….., ensovoorts. Wat ek nie geweet het tot hierdie week is dat die kode ongelooflik maklik is om te breek. Wees reg om verbaas te wees 😉

Die kode bestaan uit 13 getalle, met slegs die dertiende getal wat gebruik word om die kode te verifieer. ‘n Basiese som word op die eerste 12 getalle word gedoen om te bepaal wat die dertiende getal veronderstel is om te wees. Dit beteken die eerste 12 getalle kan heeltemal lukraak wees. Jy kan dan slegs die dertiende getal verander van 0 tot 9 tot jy die getal kry wat die toets slaag. So eenvoudig soos dit!

O ja, Starcraft was ook die eerste speletjie wat fisies ruimte toe gegaan het, feite.

Quake 3 fast inverse square root

OpenArena-Rocket.jpgHierdie is eintlik ‘n baie bekende een, maar bly een van my gunstelinge. Quake 3 se beligting is stappe beter as Quake 2. Om dit reg te kry vereis om duisende en duisende vektore baie vinnig te normaliseer. Die normalisering funksie vereis dat die inverse wortel operasie uitgevoer word, maar hierdie operasie is vreeslik stadig vir rekenaars. Om dit vinniger te doen het John Carmack ‘n vinnige metode gevind wat in slegs twee iterasies ‘n afskatting kan vind wat goed genoeg is. Of hy dit self uitgedink het of op die vroeëre werk van Terje Mathisen en Gary Tarolli afgekom weet ek nie, maar wat my fasineer is die gebruik van vaste punt operasies op ‘n “floating point” getal. Kyk gerus self op die Wikipedia bladsy hieroor of hier waar verduidelik word hoe dit Newton se metode volg. Die “floating point” heksadesimale waarde in die geheue word eers in ‘n long verander waarna dit geskuif en afgetrek word in vaste punt operasies voor die waarde in die geheue weer terug na ‘n “float” omgeskakel word. Hoe is dit die eerste keer uitgedink? Hoe?!

Duke Nukem Forever enjin

Dis welbekend dat Dukem Nukem Forever verewig geneem het om klaar te kry en dat die finale produk ietwat onder gemiddeld was. In die laaste maand het ek dit uiteindelik klaar gemaak en was heel teleurgesteld. Ek het dit vervelig gevind om te speel met die humor power en die houding tenoor vroue aanstootlik. Duke is net beter wanneer hy “pixelated” is en homself glad nie ernstig op vat nie. In elk geval, ek het begin wonder watter 3D-enjin dit gebruik en dit is so te sê onmoontlik om uit te vind.

duke4eva.jpgDie beste aanduiding is dat dit hardloop met of die Unreal 1 of 2 enjin. Onafhanklik watter een dit is, wat hulle wel reggekry het met dit is nogal verstommend. Volgens die Unreal-enjin se Wikipedia-bladsy gebruik Duke die Unreal-enjin! Ander bronne dui op Unreal 2.5, maar geen is betroubaar. Indien ons aanneem dit is wel Unreal 2.5 is Duke Nukem Forever wat in 2011 vrygestel is gebaseer op ‘n enjin oorspronklik beskikbaar gestel in 2002!  Kyk na die prent hierbo, dis werklik goed vir iets op so ou enjin. Dis nou as dit waar is.

Ander?

Is daar enige ander obskure stories wat jy my van kan vertel?

Leave a Reply