Hardeware kode-konfyt

Idee

Een naweek afgestaan aan ‘n “code jam” gefokus op ingebedde kode. ‘n Projek klein genoeg om in een naweek klaar te maak word gekies en almal probeer hulle eie implementasie en help mekaar met elk se oplossings.

Tydlyn

  • Nou tot Vrydag -1 maand voor dié naweek: Bespreek moontlike projekte
  • Vrydag -1 maand voor dié naweek: Bestel nodige komponente wat vir meer as een projek gebruik kan word
  • Vrydag -1 dag: Kies een van die projekte. Dit moet soorvan lukraak wees sodat almal ‘n uitdaging het en nie voor die ander begin werk nie
  • Vrydag: Begin met “code jam”
  • Saterdag: Nog meer pret
  • Sondag: Maak klaar, wys ander wat jy het

Moontlike projekte

gameconsole1.jpgProjekte met Arduino/Raspberry Pi en dot matriks of OLED skerm en maksimum 6 knoppies

  1. Donkey Kong-kloon
  2. Tetris
  3. Pong
  4. Weerstasie
  5. Digitale FM radio ontvanger

Hardeware

Ontwikkelingsbord: Raspberry Pi of Arduino
Skerm: I2C OLED of LCD skerm met genoeg resolusie
Knoppies: Goedkoop skakelaars vanaf eBay

Wanneer

Hierdie verg ietwat meer beplanning. ‘n Naweek moet een kant gesit word en komponente moet gekoop word. Afhangende van die projek wat gekies word moet daar moontlik ook heel moontlik voor die tyd bietjie hardeware werk gedoen word.

Terugvoer

Dateer die bladsy op met voorstelle soos dit in kom.

0 thoughts on “Hardeware kode-konfyt”

Leave a Reply