Duke soos in die ou tyd

eBay is wonderlik. Wonderlik, maar gevaarlik. Dit is waar jy geld onnodiglik uitgee op goed wat jy nie nodig het nie. En dit is presies hoe ek opgeeindig het met twee skootrekenaars vanuit die vorige millenium.

Die rekenaars

DSC_9501

Compaq Contura 420C

Die eerste een is ‘n Compaq Contura 420C uit 1995. Dit hardloop ‘n 486 DX4 teen 75 MHz, 12 Mb se geheue op ‘n 10.1 duim skerm. Die oorspronklike prys is ‘n ongelooflike $2600 en in 2017 het ek dit opgetel vir £10! Die battery het wel die gees gegee, maar dit is verbasend maklik om nog batterye in die hande te kry vir die masjien. Duracell maak hulle nog vir rondom £30 en ek was gelukkig om een op afslag op Amazon te kry vir £8.99.

Ongelukkig het die Compaq Contura 400-reeks ‘n ontwerpsfout by die skerm waar die skarniere afbreek en nie meer die skerm in plek hou. Dit het reeds met myne gebeur toe ek hom gekry het, waarskynlik die rede waarom ek slegs £10 betaal het. Dit en dat dit nie met ‘n kragkabel gekom het. Ek was vol hoop dat ek die skarniere sal kan regmaak, maar na ‘n jaar en ‘n half se soek is ek reg om op te gee. Niemand maak nuwe skarniere en ek kan geen ander manier sien kort van nuwe skarniere te laat maak.

Die masjien is basies wat jy verwag van iets wat 22 jaar oud is, dit is stadig, die skerm is stadig en dit is swaar. MAAR dit is ‘n 486 en hy werk nog!

DSC_9508
Tipiese Compaq Contura
conturaAdvertensie
Compaq Contura advertensie uit 1995

Dell Latitude Xpi P133ST

Die tweede rekenaar is ‘n laat 1996 model Dell Latitude Xpi P133ST en soos verwag hardloop dit ‘n Pentium teen 100Mhz. Die advertensie wat ek kon vind vir hierdie model wys hy het verhandel teen $4729! My een het my £28.49 gekos met posgeld en is in ‘n baie goeie toestand. Die kabels is ingesluit, daar is nie krap merke, slegs die battery werk nie en ek het nog nie tot op hede ‘n vervanging gekry. Dit is nie werklik nodig aangesien ek definitief nie met hierdie bakstene iewers heen gaan vlieg.

Die Dell is ‘n baie baie beter masjien. Die Latitude-reeks was nog altyd op besighede gefokus en dit is waarskynlik waarom dit soveel beter voel as die Compaq. Natuurlik het tegnologie ook aanbeweeg tussen die twee modelle. Hier is ‘n kontemporêre artikel oor die Dell met die volledige spesifikasie in die advertensie hier onder.

delllatitude.jpg
Dell Latitude advertensie uit November 1996

Wat wonderlike is van skootrekenaars uit hierdie tydperk is dat volledige onderhoudsgidse beskikbaar is. Rekenaar vervaardigers het verwag dat eienaars in ‘n hele rekenaars gaan wil rond krap, parte wil vervang en dit in stand hou wanneer iets breek. Die gids bevat inligting hoe om die rekenaar uitmekaar te haal en ook al die part nommers sodat jy die regte onderdeel kan bestel. Hier is die gidse vir hierdie twee:
Compaq Contura 420C
Dell Latitude Xpi P133XT

Duke Nukem 3D

dukeCD.jpgOm beide die 486 en Pentium te hê maak my onverklaarbaar gelukkig. Die vraag is wel wat maak jy met rekenaars wat oor die 20 jaar oud is. Nie een het ‘n CD-ROM of enige toegang tot die internet en indien dit wel op die internet kon gaan is ek seker daar is geen webwerwe oor wat hulle kan op maak. Die antwoord is om presies te doen wat ek 20 jaar gelede op rekenaars gedoen het en deel daarvan was Duke Nukem 3D!

Die eerste probleem is dat nie een van die rekenaars ‘n CD-ROM het. Ek is ook nie van plan om een vir een verskeie 3.5″ skyfies heen en weer te kopieer. Die antwoord is hierdie wonderlike stukkie kabel. Die kabel is USB aan die een kant met IDE en SATA verbindings aan die ander kant. En vir klein 2.5″ hardeskywe verskaf USB ook krag. Na ek beide hardeskywe het die rekenaars gehaal het is Duke vinnig na hulle van my Windows 10 masjien gekopieer. In my haas om als weer terug te sit het ek wel ‘n paar penne van die een hardeskyf gebuig. Gelukkig is dit maklik om reg te maak. Wat wel interessant was was die spoed waarteen Duke gekopieer is. Die Pentium se hardeskyf kon meestal 1 Mb/s handhaaf, maar die 485 s’n het slegs ‘n maksimum van 1 Mb/s bereik met ‘n gemiddelde spoed van onder 500 kb/s. Al was die Pentium se hardeskyf aansienlik vinniger het dit glad nie gesond geklink nie en ek is nie verbaas nie. Ek is seker beide hardeskywe is baie naby aan die einde van hulle lewe.

Na ek uit Windows 95 DOS toe is was dit tyd vir Duke en hy hardloop vlot op beide. Sukses! Die 486 se skerm kan slegs die speletjie hardloop teen ‘n resolusie van 320×200 terwyl die Dell geen probleem gehad het met 800×600. Ek dink wel die 486 sal 640×480 kan doen met ‘n eksterne skerm. Die 10.0″ LCD in die Compaq is net nie goed genoeg vir beter nie. Dit gesê Duke was pret op beide.

Wat volgende? Die beste sal natuurlik wees om ‘n oudtydse serie-speletjie te speel teen ‘n tjom. Die 486 het geen klankkaart en nie veel kan hier gedoen word nie terwyl die Pentium wel ‘n SoundBlaster Pro het. Dit laat die persoon wat op die 486 speel met ‘n agterstand ongelukkig. Ek was reg om die serie-spel te toets, maar was teleurgesteld om te ontdek dat my kabel nie geflip is nie, maar “straight” is. Sal vinnig ‘n verandering moet maak of ‘n ander kabel moet kry, maar dit is maklik. Al wat dan kort is die tjommies om ‘n draai te kom maak vir ‘n stukkie Duke.

DSC_9507

0 thoughts on “Duke soos in die ou tyd”

Leave a Reply