Skoon Eclipse Linux instalasie

Vars Linux Kubuntu installasie en tyd om weer Eclipse aan die gang te kry. Ek kan nie presies die proses onthou wat ek die vorige keer gevolg het. So vir die toekoms, hier is die stappe om te volg na ‘n vars Linux Mint (of Ubuntu) installasie. Dit is meestal ‘n samevatting van stappe wat ek reeds voorheen op Karooza beskryf het.

Eclipse

Eclipse is maklik:

  • Ek het aanvanklik Software Manager gebruik om Eclipse te installeer, moet nie jou tyd daarmee mors nie . Die Eclipse weergawe wat by my geinstalleer is hiermee was v3.8, ‘n weergawe wat reeds 5 jaar oud is. Instede, gaan na die Eclipse webbaldsy en laai die heel nuutste direk af – Eclipse aflaai
  • Extract die installeerded en hardloop eclipse-inst

MinGW

MinGW volgende. Ek het reeds voorheen die Windows installasie van MinGW installasie hier verduidelik: Eclipse, MinGW en OpenGL

In Ubuntu/Kubuntu/Mint is dit makliker. Ons gaan mik vir die 64-bit weergawe. Maak ‘n terminaal oop en hardloop

sudo apt-get install mingw-w64

En dit is dit vir hierdie stap

GLFW

Hierdie een het ons reeds vir Linux hier gedek: GLFW in Eclipse op Linux. Ek het hier die stappe weer gevolg met sukses. Ek moes wel ‘n paar ander programme ook installeer, maar die terminaal sal jou vertel wat kort.

GLEW

Ek volg meestal hierdie instruksies: GLEW on Debian. Wat interessant is is dat learnOpenGL GLEW met GLAD vervang het. Ek gaan hou by GLEW.

  1. Laat die zip/tgz af: GLEW skakel
  2. Unzip
  3. En dan:
    make
    sudo make install

SOIL

SOIL kan geïnstalleer word vanaf die Ubuntu diens:

sudo apt-get install libsoil-dev

GLM

Die laaste pakket wat ek nodig het is GLM. Die installasie was eenvoudig die kopieering van die leers, maar die nuutste weergawe (0.99) kom met cmake. So laai die mees onlangse weergawe af, unzip en

cmake .
sudo make install

Eclipse biblioteke

Vir OpenGL programme om reg te bou in Eclipse moet die biblioteke reg opgestel word. Hier is wat nodig was vir my

libraries

Laaste stappe

Als het nou reg gebou, maar nog nie gehardloop. Ek moes nog die nuutste drywers vir my rekenaar installeer en weer probeer. En sukses!

linsuccess

Leave a Reply