Projek 3

Hier is die vraag, wat gaan ons volgende probeer aanpak? Ek dink die hoofdoel moet wees om te probeer vir die eerste keer saam werk aan iets. Dink solank daaraan terwyl die Space Invaders-kloon einde se kant toe staan. Sit enige idees in die kommentaar onder. Ons kan later hierdie bladsy opdateer met die gevolgtrekkinge.

Deur ‘n eenvoudige projek te kies waaraan ons kan saam werk kan ons ook dan dinge soos Github of iets soortgelyk uitprobeer en ook begin dink aan argitektuur om seker te maak almal se bydraes vloei mooi saam.

Laat ons sien waarmee ons voorendag kom…

248240-ck_goodbye_large

0 thoughts on “Projek 3”

  1. Hier is my voorstel, ‘n platform speletjie waar die speler ‘n grot moet verken, of waar jy begin in ‘n grot en dan moet ontsnap terug na die oppervlakte. Die naam is voor die handliggend, Kango 🙂

Leave a Reply