Projek 2

Die idee om OpenGL te begin leer met ‘n Pong-kloon het goed gewerk. Almal het reggekry wat ons ingedagte gehad het en nog meer. Aangesien ons absoluut niks geweet het toe ons begin het was daar baie om op te tel en is daar baie dinge wat ons moontlik sal verander vir die volgende projek. Hier is ‘n lys van dinge. Brei asseblief dit uit as daar meer as wat julle aan kan dink.

Compiler

Beide MinGW en Microsoft Visual Studio compilers werk goed. Die MinGW compiler is wel 32-bit en aangesien amper alle verwerkers 64-bit nou is is dit ‘n goeie idee om na 64-bit compiler te beweeg (https://mingw-w64.org/doku.php).
TODO: Gebruik 64-bit compiler

IDE

Microsoft Visual Studio en Eclipse werk beide goed. Eclipse voel wel oud in verhouding met Visual Studio. Enigste rede om by Eclipse te bly is as dit is waaraan jy gewoond is.

OpenGL

OpenGL is wonderlik, baie meer as verwag. Die framework waarmee gewerk word is wel belangriker as verwag. Op die oomblik word GLUT gebruik, maar alle navorsing dui aan dit is nie die pad om mee voort te gaan. Instede, GLFW word aangeraai vir speletjies en QT vir applications (https://www.khronos.org/opengl/wiki/Related_toolkits_and_APIs).
TODO: Skuif van GLUT na GFLW vir games en QT vir applications.

Gereedskap

Om modelle stukkie vir stukkie te teken gaan nie werk nie. Dis stadig en beperk wat gedoen kan word. Soos alle ander 3D sagteware moet die volgende stap wees om modelle wat in iets soos Blender gemaak word in te lees en te gebruik.
TODO: Installeer Blender, skryf C++ kode om modelle te lees en te vertoon met OpenGL.

Volgende projek

Kloon Space Invaders

0 thoughts on “Projek 2”

Leave a Reply