EdSpace beplanning

In algehele terme is ons programme nog klein, maar met beperkte tyd is dit maklik (vir my) om fokus te verloor en nooit ‘n projek klaar te maak. Daarom is hieronder ‘n plan van wat ek beplan om te doen met voltooiingsdatums om te help. Voel vry om idees te steel indien hulle goed genoeg is om gesteel te word.

Stappe

  1. Skep raakwerm vir program. Dit het die algehele struktuur nodig met die hoof-“loop” en leë funksies. Maak seker dit kompileer reg. (23/04/2017 – Voltooid 20/04/2017)
  2. Sit beheer van die kamera by. (24/04/2017 – Voltooid 23/04/2017)
  3. Maak model vir die speler in Blender. Sit model in program en voeg beheer by. (30/04/2017 – Voltooid 29/04/2017)
  4. Dateer speler model op om uit verskillende materiale te bestaan om meer interessant te lyk. Die doel is om aan te beweeg na die volgende stap met OpenGL en verskillende materiaale, soos plastiek en metaal, reg te kan teken. Deur ‘n meer interessante model vir die speler te hê kan hierdie geleer word, maar sal die resultaat ook beter lyk. (30/04/2017, nuwe datum 15/05/2017)
  5. Verbeter beligting in model om “specular beligting ook te gebruik”. Voltooid beligting tutoriaal in LearnOpenGL . Beide die verskillende ligte en teksture van modelle moet reg vertoon word. (12/05/2017 – Voltooid 15/05/2017)
  6. Sit model in program en kry verskillende materiale om reg te teken. (02/05/2017)
  7. Voeg beheer van die speler by die program. (05/05/2017 – Voltooid 29/04/2017)
  8. Verbeter beheer van speler met die muis (04/05/2017 – Voltooid 30/05/2017)
  9. Voeg animasie van die model by. Wanneer die speler links of regs beweeg moet dit model rol in daardie rigting. (19/05/2017 – Voltooid 29/04/2017)
  10. Sit teks by om FPS te vertoon. Hierdie kan gebruik word om die gameloop te toets, maar ook hoe goed die program werk. Dit kan maklik wees om iets baie oneffektief by te voeg en nie die probleem op ‘n vinnige rekenaar raak te sien. (22/05/2017)
  11. Sit agtergrond by vir die speletjie. Vir die eerste paar rondtes kan dit staties wees, maar wanneer daar in latere rondtes gevlieg word sal dit moet beweeg om die illusie van beweging te skep. (31/05/2017 – Staties voltooid 06/06/2017, bewegend 07/06/2017)
  12. Bou 3D modelle vir vyande. Soos met die speler se model probeer verskillende materiale gebruik. (14/06/2017)
  13. Voeg vyande by program met eenvoudige beweging. (18/06/2017)
  14. Skep roetines vir die speler om die vyande te kan skiet. (25/06/2017 – Voltooid 14/06/2017)
  15. Skryf funksie om vyande meer intelligensie te gee en die speletjie dus meer interessant te maak. (17/07/2017)
  16. Skep verskillende rondtes vir die speletjie.
    1. Ronde 1: Geveg op grond, speler is ‘n tenk wat slegs links en regs kan beweeg. (20/07/2017)
    2. Ronde 2: Geveg in die lug, speler is ‘n vliegtuig wat links, regs en tot ‘n beperkte mate voorentoe en agtertoe kan beweeg. (27/07/2017)
    3. Ronde3: Geveg in die ruimte. Speler het volle beheer oor die skermoppervlakte. (05/08/2017)
  17. Voeg animasie by vir tussen verskillende rondtes wat wys hou die speler verander van ‘n tenk na ‘n vliegtuig na ‘n ruimtetuig. Hierdie mag nogal moeilik wees. (19/08/2017)
  18. Rond speletjie af. Verwyder enige groot probleme. Voeg miskien ‘n menu by. (31/08/2017)
  19. Stoor en beweeg na volgende projek. (31/08/2017)

sied

0 thoughts on “EdSpace beplanning”

  1. Lyk goed! Dink ook dit sal help om n plan te he van wat mens nog moet doen en tyd te koppel aan dit. Goeie idee om te progress van die aarde tot die ruimte. Mens kan dit dalk selfs so maak dat as jy verloor dan val jy n level terug.

Leave a Reply