Eclipse, MinGW en OpenGL

Instruksies om Eclipse met MinGW aan die gang te kry en OpenGL biblioteek by te sit.

  1. Laai Eclipse CDT af > https://eclipse.org/cdt/downloads.php
  2. Laai MinGW af > http://www.mingw.org/category/wiki/download
    MinGW se installasie is ietwat snaaks. Wat jy basies aflaai is slegs ‘n programmetjie wat die res van MinGW van hulle hoofraam aftrek. mingw Ek het die volgende pakkette gekies en dan deur [Installation] > [Apply Changes] te kies, geinstalleer. Onthou waar jy MinGW laat na afgelaai het met die MinGW installeerder.
  3. Kry OpenGL. Ek het die volgende instruksies gevolg en freeglut vir MinGW geinstalleer: https://www.ntu.edu.sg/home/ehchua/programming/opengl/HowTo_OpenGL_C.html
  4. Om seker te maak Eclipse is gelukkig met MinGW, gaan na Windows Environmet Variables en sit [minGW installsie leër]/bin in die user path.environmentpath
    Eclipse behoort nou gelukkig te wees.
  5. Maak Eclipse oop
    1. Skep nuwe Workspace
    2. Skep nuwe C++ Project en maak seker om die MinGW GCC toolchain te kies.
    3. Doen die res van die vorm en compile, happy days.

0 thoughts on “Eclipse, MinGW en OpenGL”

  1. Het nou myne ook ge-setup. Wat ook belangrik is, is om seker te maak dat mens die compiler add 🙂 Ek het dit die eerste keer gemis en kon toe nie MinGW as n toolchain kies in Eclipse nie. So om dan weer die “Installation Manager” te kry, hardloop mens “mingw-get.exe” in die MinGWbin directory. In die “Installation Manager” maak seker jy kies dan ook “mingw32-gcc-g++” en doen dan weer die Installation->Apply Changes ding om dit te download en te install.

  2. Ek het nou hierdie op Linux ook aan die gang. Klein bietjie langer geneem, meestal om uit te vind hoe op dees aarde ek die libraries vir Linux moet by sit en wat om te installeer. En dan ook om een of ander rede is die naam van die libraries net so ietwat anders. Maar dit werk nou met dieselfde kode. Sal later meer leer van die die make files, maar het reeds beter idee was voorheen.

Leave a Reply