Spaar geld, speel die oues

Twee goed om mee te begin

  1. Ek is seker ek gaan myself weerspreek
  2. Nostalgie maak my opinie min werd

So die ander dag speel ek die nuutste Doom (2016)… Sien, daar weerspreek ek myself reeds, vertel almal hulle moet ou speletjies speel terwyl ek myself besig hou met nuwes. In elk geval, ek was besig met Doom en het pret. Toe wonder ek sommer so oor die 1993 Doom en gelukkig vir my het ek dit reeds geinstalleer, ek begin dit speel en het basies net soveel pret as met die nuwe een.

Doom_ingame_1

Na ‘n paar ure daar is ek terug na die nuwe een om waarde vir my geld te kry en so paar nuwe monsters in HD terug hel toe te stuur. Dit het wel iets wat ek reeds geweet het weer bevestig. Hoe ‘n speletjie lyk maar dit nie beter nie, ‘n goeie een bly goed, die grafieke help dit net om beter te word. So met dit ingedagte hier is ‘n paar goue oues wat ek kan aanbeveel. Hulle is gedurig op uitverkoping op Steam of GOG.com en is gewaarborg om jou ure se pret te verskaf. En om dinge nog beter te maak meeste van hulle is nou op ander platforms soos Linux ook beskikbaar en die baie goeies en ‘n gemeenskap wat tot vandag toe verbeterings uitbring.

Tomb Raider I en II

ss_dc9e004b12f7e5a682674aca6650ced4dbde9026.1920x1080

In 1996 en 1997 het Core ons bekend gestel aan Lara Croft en almal die kans gegee om Indiana Jones te wees. Vir Eidos en Core was Tomb Raider ‘n reuse sukses wat baie mense toegeskryf het aan die jong dame met die min klere wat gedurig in die skerm hardloop. Dit mag gehelp het om die speletjie te verkoop, maar onderliggend is beide Tomb Raider en Tomb Raider II goed. Ek moet eerlik wees en sê dat ek sedert 2001 geen van die nuwer lede van die reeks gespeel het, maar ek het wel in die afgelope drie jaar beide Tomb Raider en Tomb Raider II so te sê voltooi en baie pret gehad. Die beheer bly eenvoudig, die raaisels goed (soms herhalend) en verbasend moeilik by tye. Probeer gerus.

Transport Tycoon

OpenTTD

Ek moes eintlik met hierdie een begin het aangesien dit nogsteeds een van die bestes ooit is vir my. Geskryf in 1994 deur slegs Chris Sawyer hierdie speletjie kan net nie oud word. Elke soveelste jaar sal ek ‘n nuwe maatskappy begin en goedere versit oor die TT landskap. Die maklikste is om so gou as moontlik ‘n lugredery aan die gang te kry aangesien dit is waar die meeste geld vandaan kom, die lekkerste is om ‘n goeie treinstelsel te ontwikkel en die mees frustrerendste is simpel klein lorretjies wat honderde op ‘n slag vervang moet word.

Daar is goeie ondersteuing vandag nog vir Transport Tycoon met ‘n volledige nabootsing wat speel en voel soos die oorspronklike beskikbaar vir basies alle platforms. En dis verniet! Als is hier: OpenTT. Daar is modifikasies nou ook om te help om al die simpel klein lorretjies automoties te vervang 🙂

Broken Sword – Shadow of the Templars

479a3b00f7c7aceb5064978cffbe8b81

Hierdie een is bietjie moeiliker om jou te oortuig om jou kosbare tyd aan te spandeer. Die grootste probleem is dat die tipe speletjie basies uitgesterf het op die rekenaar, mik-en-druk. Daar is wel ‘n groot maar, dit is nou beskikbaar op jou selfoon! Die storie is goed, dis by tye nogal moeilik, dit laat jou dink ek vertel klein bietjie geskiedenis soos jy aangaan. En daar is ‘n verdomde bok om verby te kom wat my hopeloos teveel ure van my lewer gekos het.

Starcraft

537552-starcraft-original.jpg

Die laaste een op vandag se lys, maar miskien die beste voorstel. Die hele wêreld en derduisende ure sedert 1997 al aan goeie ou Starcraft afgeskryf en moet nie daaroor sleg voel, die speletjie is briljant. Die oorspronklike hardloop teen slegs 640×480 en gebruik ook net 256 kleure, en dit lyk nou nog goed genoeg. Die beste is dat Starcraft nou verniet beskikbaar is direk van Blizzard en dat ‘n “Remastered” weergawe later hierdie jaar beskikbaar sal wees.

Wat is nie op die lys nie

Duke Nukem 3D: Duke is my held, maar na vele probeerslae is dit net nie meer soveel pret soos in die 90s. Ek sal weer probeer iewers in die toekoms, maar op die oomblik kan ek dit nie aanbeveel. Dis tegnies nie Duke nie, maar al die speletjies gebaseer op die Build-enjin.

Detroit: Een van my gunstelinge ooit, maar duidelik is 1993 grafieka miskien net te sleg. Ek het dit so 10 jaar gelede weer gespeel en dit geniet, maar dis nou so oud dit maak my oë seer. Ek is desperaat om dit weer te geniet soveel so dat ek planne al gemaak het om dit op my eie oor te skryf (dit het nog nie gebeur nie). Daar is ‘n paar klone van Detroit op Steam, maar hulle lyk maar power.

Command & Conquer: Indien jy jou tyd aan ‘n ou RTS gaan spandeer maak dit Starcraft.

0 thoughts on “Spaar geld, speel die oues”

Leave a Reply