Herstel van ‘n Nexus 5X

Hoe maklik is dit om jou selfoon self te herstel? Verlede jaar het ek probeer my Sony Xperia Z3 se glas agterkant te herstel en nie regtig daarin geslaag. Ek gaan weer probeer, maar die Z3 is miskien nie die maklikste foon om te herstel met gom wat meeste parte in plek hou. Daar was wel ook ‘n Nexus 5X in die kas met ‘n gebreekte skerm en gekrapte kameralens.

Nuwe parte

Ek begin dink eBay moet vir my kommissie betaal. Dit eenvoudigste bron van komponente is eBay. In Sjina is ‘n groot industrie wat tweedehandse selfone uitmekaar haal en die dele wat nog werk verkoop. Van die verkopers gebruik eBay en dit is hier waar ek die komponente gekry het wat nodig is om te vervang. In my geval was dit die skerm en digitiseerder en ook die plastiek vir die agterkant met nuwe kameralens. Verder is dit ‘n goeie idee om ook die nodige toerusting te kry van hier om die foon uitmekaar te haal. Die Nexus 5X is reeds ‘n ruk van die mark af en parte is relatief goedkoop. My onkostes was:

  • LCD Touch Screen Digitizer – $23.87
  • Rear Back Door Battery Cover Case Housing – $9.80
  • Gereedskap – $2.94

Instruksies

Die Nexus 5X is ‘n relatief eenvoudige foon om uitmekaar te haal en indien jy geduldig en versigtig is kan jy dit sonder instruksies probeer doen. Gelukkig is dit wel nie nodig nie. Die mense van IFIXIT het instruksies vir tonne goed en is altyd ‘n goeie plek om te begin. In hierdie geval het ek hulle instruksies hier gevolg.

Die skerm wat ek gekry het het wel nie met al die nodige parte gekom en ek het ‘n mengsel van hulle instruksies en net wat ek gedink het nodig is gevolg.

Fotos

DSC_9908
Die beginpunt. Die skerm was goed gebreek met glassplinters.
DSC_9911
Die kameralens het ‘n krapmerk in die middel gehad wat alle foto’s beïnvloed het.
DSC_9913
Die begin. Dit het bietjie gesukkel om die plastiek tussen-in te kry, maar verder het dit net geverg dat ek stadig om die foon beweeg. Dit was tegnies nie nodig aangesien beide die voor en agterkant vervang is.
DSC_9915
Met die agterkant af en die skroewe verwyder kon die middelraam opgetel word om by die moederbord uit te kom.
DSC_9916
Hier is die middelraam en moederbord verwyder. Volgende is die battery, kamera, oorfoon-uittree, vibreerder en LEDs
DSC_9917
Nuwe en ou skerm langs mekaar. Let op die onderste luidspreker se gaas is nie in plek en moes reggemaak word.
DSC_9918
Die ou (bo) en nuwe (onder) skerm. Die ou skerm het nog hier nog die LED, oorfoon-uittree en luidspreker in. Dit is een vir een na die nuwe skermraam oorgedra.
DSC_9920
Hier het die nuwe skerm die komponente wat gekort het vanaf die ou skerm.
DSC_9921
Amper daar. Die moederbord, kameras en battery is in die nuwe skermraam. Slegs die middelraam en agterkant kort nog.
DSC_9922
Die nuwe agterkant. Alhoewel dit soos ‘n opregte part lyk is ek nie seker, dit maak wel nie saak.
DSC_9923
Met als terug is dit tyd om te sien of als werk en wonder bo wonder daar loop hy!
DSC_9924
‘n So te sê nuwe foon reg om te gebruik (of te verkoop).

Slot

Afhangende van die foon is die relatief maklik om jou selfoon self reg te maak. Wanneer jy besluit om dit te doen soek op die internet om te sien hoe maklik dit is en watter dele van die foon nodig is om te vervang. Indien jy die nuwe komponente vanaf Sjina bestel wees geduldig, dit neem ongelooflik lank om deur die pos te kom, in my geval bykans ‘n maand en ‘n half. Sodra jy als het, wees geduldig en speel lekker.

One thought on “Herstel van ‘n Nexus 5X”

Leave a Reply