GLFW in Eclipse op Linux

Hierdie was ‘n verbasende lang proses om GLFW op Linux aan die gang te kry. Daar was vreeslik baie geGoogle en hopelik onthou ek al die stappie.

  1. Laai GLFW vir Linux af.
    Jy het nodig om die Source te download  aangesien daar nie pre-compiled biblioteke vir Linux is > http://www.glfw.org/download.html
  2. Compile die biblioteek.
    Dit klink eenvoudig genoeg, maar is nie vir iemand wat nie so vertroud is met Linux. Hier is wat vir my gewerk het

    1. Extract die zip na ‘n lĂȘer
    2. Maak ‘n terminaal oop en gaan na die lĂȘer waar die kode vir GLFW is
    3. Skep die nodige makefiles met al die opsies hier onder ingesluit. Die eerste, BUILD_SHARED_LIBS=ON verseker dat ‘n shared in plaas van static library gemaak word. MAKE_INSTALL_PREFIX bepaal waarheen die biblioteek geinstalleer sal word. Indien die opsie nie daar is word die bilbioteek na  /use/local/ geinstalleer en moet hierdie ligging by die Linux path gevoeg word wat ek dink net onnodig is. Hierdie stap vereis dat cmake reeds geinstalleer is, ook moontlik ‘n paar ander programme. Indien onderstaande opdrag ‘n fout gee, kyk wat die probleem is en installeer al die programme wat kort.
      sudo cmake -DBUILD_SHARED_LIBS=ON -DCMAKE_INSTALL_PREFIX=/usr -G "Unix Makefiles"
    4. Bou die biblioteek:
      sudo make
    5. Installeer die biblioteek
      sudo make install
  3. Tyd om ‘n nuwe projek in Eclipse te skep.
  4. Maak in Eclipse ‘n toetsprogram. Ek stel voor om die program hier te gebruik: https://learnopengl.com/#!Getting-started/Hello-Window
  5. Indien jy hierdie sal probeer kompileer sal daar baie foute wees. Die volgende biblioteke is nodig om gespesifiseer te word in Eclipse
    eclipse1

En dit is dit. Als behoort nou te werk.

2 thoughts on “GLFW in Eclipse op Linux”

Leave a Reply