Waarom

So wat kan ons hier maak? Ek hoop om iets te leer, meestal C++. Op die oomblik is ek ook nie veel gepla met wie dit lees so hou dit in Afrikaans vir ‘n verandering. Wanneer daar iets is om oor te begin praat kan dit tweetalig gaan.

Die hele storie, of idee, het begin toe ek op Steam rond kyk vir ‘n goeie besigheids speletjie. Ek het Detroit baie geniet lank gelede en het gesien daar is 2 klone daarvan op Steam, maar beide het swak gelyk. Ek het toe onthou dat die man wat Minecraft geskryf het genoem het die enigste rede waarom dit bestaan en lyk soos dit lyk is omdat hy nie ‘n speletjie kon kry soos die een wat hy wou speel en toe maar net self dit begin maak het. Die grafieke is so swak omdat dit die beste is wat hy kon doen. Dit wys ook dat hoe ‘n ding lyk nie so belangrik is, maar meer dat die spel interessant en pret is. In elk geval, toe dink ek, indien hy dit kan doen, waarom nie ek.

Omdat ek reeds iets weet van C het ek besluit C++ is ‘n goeie idee om iets nuut te leer in die proses ook. En dit is presies hoe ver ek reeds gevorder het.  Ek het na raamwerke darem ook gekyk wat kan help met die ontwikkeling, GTK en QT, en het besluit QT is die antwoord, maar om dinge vir myself moeiliker te maak wil ek graag in Eclipse werk en nie in QT Creator en dis waar ek nogsteeds is.

Intussen het ek die boek “Masters of Doom” deur David Kushner gelees en idees begin kry vir iets groter as net ‘n nuwe Detroit. Mens moet wel iewers begin en hopelik is hierdie daardie begin punt.

detroit_006

One thought on “Waarom”

  1. Cool man, sommer opgewonde! Sal lekker wees om ook bietjie my C++ skills op te skerp, dink ek is ordentlik geroes wat dit betref…

Leave a Reply