Nuttige biblioteke

Met die skuif na GLFW en die gebruik van die LearnOpenGL tutoriale is daar op ‘n klompie baie nuttige C++ tutoriale afgekom. Hierdie inskrywing se doel is om hulle te dokumenteer sodat die later makliker is om almal van hulle weer te gebruik vir nuwe projekte. Voeg gerus ander by wat jy vind.

OpenGL

Wel, hierdie een is voor die hand liggend en is die belangrikste een wat gebruik word. Die biblioteek vir OpenGL is reeds beskikbaar op meeste rekenaars aangesien dit deel is van die drywers vir amper alle 3D-kaarte. Om maklik toegang te kry tot die biblioteek is waarvoor die volgende inskrying, GLFW, gebruik word. Ander opsies soos GLUT bestaan, maar is oud.

Sover moontlik word daar gefokus op biblioteke wat beide Linux en Windows ondersteun.

GLFW – OpenGL FrameWork

GLFW verskaf ‘n API om die context en windows vir OpenGL programme te skep. Dit verskaf ook toegang tot the muis, sleutelbord en stelselfunksies soos die klok.

Installasie

Download > GLFW download
Windows > GLFW,GLEW & Visual Studio 2015 (C++)
Linux > GLFW in Eclipse op Linux

GLEW – OpenGL Extension Wrangler Library

GLEW is ‘n interessante een, maar baie nuttig. Nie die basis OpenGL header of GLFW verskaf toegang tot alle beskikbare OpenGL funksies. Jy kan jou eie pointer access skep na die ander OpenGL funksies deur na die OpenGL spesifikasie te gaan of jy kan GLEW gebruik wat dit reeds vir jou doen.

Download > GLEW download
Windows > GLFW,GLEW & Visual Studio 2015 (C++)
Linux > Moeilik om te onthou wat ek gedoen het, sal moet gaan kyk. Ek dink hierdie mag wees wat ek gedoen het.

SOIL – Simple OpenGL Image Library

SOIL maak dit maklik om textures te laai vir die gebruik in OpenGL. Dit ondersteun verskeie formate en is maklik om te gebruik.

Download > SOIL download
Windows en Linux > Instruksies direk vanaf die SOIL download skakel: “SOIL is meant to be used as a static library (as it’s tiny and in the public domain). You can use the static library file included in the zip (libSOIL.a works for MinGW and Microsoft compilers…feel free to rename it to SOIL.lib if that makes you happy), or compile the library yourself. The code is cross-platform and has been tested on Windows, Linux, and Mac.

GLM – OpenGL Mathematics

GLM verskaf wiskundige funksies vir die gebruik met OpenGL en het verskeie nuttige linieëre algabra funksies om te gebruik Dit is geskep volkome uit header files en kan dus direk gebruik word deur in jou include lêer te sit.

Download > GLM download

IRRklang

Klank! IRRklang is ‘n multi-platform biblioteek. Hierdie een is nog nie geburik nie en meer besonderhede sal later bygevoeg word.

Leave a Reply