Spanwerk en bronbeheer met Bitbucket

Projek 3 is om saam te werk. Vir daardie doel is bronbeheer nodig waartoe almal toegang het. Bitbucket bied die antwoord. Bitbucket Wat is Bitbucket? Bitbucket is ‘n diens vir “cloud” bronbeheer. In plaas van self ‘n toegewyde bediener vir bronbeheer te skep gebruik jy Bitbucket as jou bediener. Dit maak dit maklik om dan enige […]

Projek 3

Hier is die vraag, wat gaan ons volgende probeer aanpak? Ek dink die hoofdoel moet wees om te probeer vir die eerste keer saam werk aan iets. Dink solank daaraan terwyl die Space Invaders-kloon einde se kant toe staan. Sit enige idees in die kommentaar onder. Ons kan later hierdie bladsy opdateer met die gevolgtrekkinge. […]

EdSpace beplanning

In algehele terme is ons programme nog klein, maar met beperkte tyd is dit maklik (vir my) om fokus te verloor en nooit ‘n projek klaar te maak. Daarom is hieronder ‘n plan van wat ek beplan om te doen met voltooiingsdatums om te help. Voel vry om idees te steel indien hulle goed genoeg […]

3D Modelle

Hierdie artikel bevat inligting oor 3D modelle en hoe om dit te gebruik met OpenGL. Brei dit asseblief uit so ver moontlik. As ‘n begin, hier is 2 libraries wat spesifiek 3D voorwerpe in trek na jou program. Open Asset Import  ondersteun onder andere Blender se .blend lêer tipes. http://assimp.sourceforge.net/ https://code.google.com/archive/p/lib3ds/

Projek 2

Die idee om OpenGL te begin leer met ‘n Pong-kloon het goed gewerk. Almal het reggekry wat ons ingedag te gehad het en nog meer. Aangesien ons absoluut niks geweet het toe ons begin het was daar baie om op te tel en is daar baie dinge wat ons moontlik sal verander vir die volgende […]

Pong bons vanaf paddle idee

Ok so het hierdie gekry op die internet oor hoe om die bal van die paddle af te laat bons… Eerstens het moes ek my bal n reghoek gemaak om dit maklikker te laat werk. Wil nog die sirkel weer maak werk. Ek het die volgende variables gebruik: balposisie_x, balposisie_y, balrigting_x, balrigting_y, balspoed, paddle_links_x, paddle_links_y, […]

Pad voorentoe

Reg, so om miskien op die heel eenvoudigste te begin, laat ons ‘n baie eenvoudige Pong skryf. Al is dit nou net om die prentjie hierbo te teken of om ‘n hele 3D weergawe te maak. Dis jou keuse! Die doel hier is om enige bou proses probleme uit te sorteer en ‘n idee te […]